Foto’s Francois Oberholster

Tou-planthouer van Woolworths

PROJEKGIDS
Harde werk 2/10Vaardigheidsvlak 2/10Tyd nodig 1 dagDoen dit self vir ±R987: Ucan Space Saver-laaikas R400, hout R305, deurknoppe R72, naamplaatjies R22, wiele R188

Voor

Wat jy nodig het

INKOPIELYS

• laaikassie (ons het Ucan se Space Saver gebruik)

• 9 mm-laaghout, soos volg gesaag: twee 468 x 489 mm (bo- en onderkant) twee 550 x 489 mm (sye) ses 90 x 450 mm (laaie)

• houtlym

• skroewe

• ses metaal-naamplaatjies

• 12 laaiknoppe

• rolwiele LW Die mate sal afhang van jou kas se grootte.

GEREEDSKAP

• potlood

• liniaal

• G-klampe

• figuursaag

• skroewedraaier

• spykergeweer en 16 mm-spykers

• boor met 3 mm-houtboorpunt

Só maak jy...

1 Die kassie se bokant steek effens verby die sye; haal dit af, klamp dit aan jou werkbank vas met die G-klampe, meet die oorhang en saag die oortollige deel met die figuursaag af. Skroef dit weer aan die laaikas vas. Nou kan jy die eenheid beklee.

2 Heg die 550 x 489 mm-panele aan die kassie se sye met die houtlym en spykergeweer; dit moet 9 mm verby die voorkant van die kassie uitsteek. Herhaal met die 468 x 489 mm-panele bo en onder. Die bo- en onderkant moet perfek op die nuwe sypanele pas.

3 Sit twee 90 x 450 mm-lengtes teen elke laaivoorkant vas. Ons het kartonstroke as spasieerders tussen die laaghout gebruik. Dis ’n goeie idee om eers die laaivoorkante met die karton tussenin te posisioneer om seker te maak alles pas. Merk waar die onderste laaivoorkant op die onderste laai pas, en heg dit met die lym en spykers.

4 Haal die laai uit en sit die tweede laaivoorkant op dieselfde manier vas. Onthou om jou spasieerder te gebruik. Skuif die laai in sy plek en herhaal stap 3 en 4 met die ander laai(e).

5 Meet en merk waar jy die knoppe en naamplate op elke laaivoorkant wil hê. Boor die nodige gate en skroef vas.

Om af te rond Meet en maak merke 15 mm van die sye af in elke hoek aan die onderkant van die kas. Skroef die wiele op dié merke vas.

VERSKAFFERS