Projekgids
Harde werk 4/10 
Vaardigheidsvlak 4/10
Tyd nodig ± 2 uur (verf of vernis uitgesluit)

Inkopielys

• 32 x 44 mm- geskaafde dennehout, soos volg gesaag:

  • twee 920 mm (ente)
  • twee 1 550 mm (pote)
  • vyftien 2 600 mm (dwarslatte) 

• 3 000 x 450 x 20 mm- gelamineerde dennehout-rakplank, gesaag in:

  • ses 400 x 370 mm-rakke
  • ses 400 x 70 mm-lengtes
  • 150-grint-skuurpapier
  • ± eenhonderd 8 mm x 50 mm-spaanderbordskroe
  • ± twintig 8mm x 30mm- spaanderbordskroewe
  • verf en/of vernis
  • Alcolin Fast Set Wood Glue 

Gereedskap 

  • figuursaag
  • koordlose boor en 3 mm-boorpunt
  • winkelhaak
  • maatband
  • potlood
  • kwas 

So maak jy...

Die kopstuk

1. Sit al vyftien 2 600mm-dwarslatte langs mekaar op jou werkblad neer. Plaas die 920 mm-planke haaks oor die ente; begin met die “boonste” dwarslat en lym en skroef vas. Meet en maak ’n merk 700 mm van elke ent op die dwarslatte. Lym en skroef die twee 1550mm-pote haaks op dié merke (dit wil sê tussen die ente) vas. Draai telkens twee 50mm-skroewe teen skuins hoeke by dié lasplekke in.

2. Gebruik ’n afvalstukkie gelamineerde dennehout as spatieerde om die res van die dwarslatte eweredig te spasieer. Draai die skroewe skuins in ’n sigsagpatroon in (een by elke lasplek).

Wenk Vou ’n stuk papier om die houtspasieerder wanneer jy die afstand tussen die dwarsplanke meet – só maak jy voorsiening vir die verf of vernis en sal die rakke maklik in- en uitskuif. 


Die rakke

3. Lym en skroef ’n 400 x 70 mm-lengte haaks op die sy van ’n 400 x 370 mm-blad vas; dit vorm die voorste rand van jou rak. Herhaal die proses en maak nog 5 sulke rakke.  

Ter afronding 

4. Skuur die kopstuk en rakke mooi glad, verf die rakke in die kleur(e) van jou keuse en vernis die kopstuk. Ons het die kopstuk afgerond met Woodoc 5-houtvernis en die rakke geverf met Tuis | Home Dirty Hands Chalky Décor Paint in die kleure Slate en Snow. 

Projeknotas
  • Kies planke met so min moontlik kwaste of gebruik die hout só dat die kwaste na agter wys (tensy jy natuurlik van die kwaste hou).
  • Pas die lengte van jou dwarslatte aan by die grootte van jou bed.
  • Onthou om gidsgate te boor.
  • Skuur, vernis en verf die planke vooraf, dan is jou taak later makliker.

Stilering: Marian van Wyk

Strooikussings en beddegoed van Loads of Living; deken,mat, bedlamp en vaas regs van MRP Home; vaas links van Woolworths