WAT JY NODIG HET

• Alcolin Ultra Wood Glue

• twee 22 x 144 x 520 mm-planke

• sewe 22 x 144 x 560 mm-planke

• twee 22 x 144 x 272 mm-planke

• twee 22 x 95 x 515 mm-planke

• een pakkie 6 mm x 50 mm skroewe

• vier rolwiele

• Alcolin Woodfiller

• 220-grint-skuurpapier

1 Gebruik Alcolin Ultra Wood Glue met sy nuwe presisie-tuit, en lym en skroef die twee 520 mm-planke tussen die ente van twee 560 mm-planke vas.

2 Lym en skroef nou drie van die 560 mm-planke haaks bo-op die raam vas om die bodem van die boks te vorm – posisioneer twee planke gelyk met die kante en die derde plank in die middel tussenin. Skroef ook ’n wiel op elke hoek van die boks vas.

3 Sit die oorblywende twee 560 mm-planke plat op jou werkblad neer, met die twee 272 mm-planke tussenin. Plaas die twee 22 x 95 x 515 mm-planke haaks bo-op, sowat 25 mm van die rande af, om die deksel van die boks te vorm. Lym en skroef vas. Vul alle skroefgate met Alcolin Woodfiller en laat dit deeglik droog word. Skuur die hele boks en verf of vernis dit in die afwerking of kleur van jou keuse.

Het jy geweet?
Alcolin Ultra Wood Glue het nou ’n nuwe presisie-tuit wat die gom in enige gaatjie sal kry. Jy kan die tuit ook as verspreider gebruik. Die beste van als? Die doppie sal nooit weer soek wees nie!

Besoek www.alcolin.com vir produkinligting of skakel die Sticky Questions-hulplyn tolvry by 0800 222 400 vir raad.