Kussing in Wild Berry Acacia-van Hertex; klein Keira-gieter van tuinsentrums landwyd of Mango Moon Trading; groot gieter, tuintoebehore en plante van Cape Garden. Foto geneem by Hertex

Foto’s Justin Patrick en Francois Oberholster Stilering Marian van Wyk

Projek #1

Kruietuin op pote 

Inkopielys

• paletplanke van ± 20 x 90 mm, soos volg gesaag: agttien 1 000 mm-lengtes vier 210 mm-lengtes agt 400 mm-lengtes vyf 1 040 mm-lengtes

• palet-drabalke van ± 40 x 75 mm, gesaag in drie 350 mm-lengtes • honderd en twintig 6 mm x 40 mm-spaanderbordskroewe

• 120-grint-skuurpapier

• 1,5 m onkruiddoek Gereedskap

• koordlose boor en 3 mm-boorpunt

• potlood • figuursaag

• maatband

• 16 mm-plaatboorpunt

• winkelhaak

• kramskieter

• skerp mes

PROJEKGIDS

Harde werk 3/10

Vaardigheidsvlak 3/10

Tyd nodig ± 2 uur 

Klaar grootte ± 1 000 H x 1 000 B x 400 mm D

Projeknotas

• Onthou om gidsgate te boor – dit keer dat die hout splinter.

• Kyk uit vir ou palette by jou naaste mark of groentehandelaar – dis die “groen” keuse en boonop bekostigbaar.

• Skuur jou planke vooraf liggies, dan is jou werk soveel makliker.

So maak jy

1 Bodem Skroef drie 350 mm-drabalke dwars oor vier 1 000 mm-planke vas – een op elke ent en een in die middel.

2 Voor- en agterkant Sit drie 1 000 mm-planke langs mekaar neer en skroef ’n 210 mm-plank haaks oor elke ent vas, met ’n 20 mm-speling aan die een kant – dis waar die bodem moet inpas. Skroef nou die voor- en agterkant aan die bodem vas.

3 Kort sye Draai die struktuur onderstebo en skroef drie 400 mm-planke oor elke oop sy vas om die kis te voltooi.

4 Pote Skroef twee 1 000 mm-planke op elke hoek van die kis vas. Wenk Skroef eers die planke teen die kort sye en dan dié teen die voor- en agterkant vas.

5 Rak Meet en merk 200 mm van die onderpunt van die pote af en skroef ’n 400 mm-plank as rakstut onder dié merk aan elke kant vas. Sny die oortollige onkruiddoek met ’n skerp mes af.

6 Maak die kis regop staan, spasieer drie 1 040 mm-planke oor die stutte en skroef vas. As afronding, skuif die laaste twee 1 040 mm-planke van onder af tot teen die bodem en skroef vas. Skuur die hele kis liggies.

7 Voering Maak ’n paar dreineergate in die kis se bodem met die plaatboorpunt. Voer die hele kis met onkruidmat uit en skiet dit vas met die kramskieter. 

Projek #2

Braaitrollie

Dié vernuftige eiland op wiele het selfs plek vir jou gassilinder!

Projeknotas

• Kyk uit vir ou palette by markte, groentewinkels of houtverskaffers.

• Vra by vriende en familie vir ’n ou hek, deur of kassie en herwin die skarniere. Jou plaaslike stortingsterrein is ook ’n skatkis van interessante en nuttige vondste.

Inkopielys

• 6 tot 8 herwinde palette – gebruik die 80 x 80mm-middelstutte en saag dit in vier lengtes van 700mm (pote) – gebruik 20 x 100mm-planke vir die res en saag dit in die volgende lengtes: twee en twintig 1140mm (blad) vier 1050mm, twee 430mm en vier 380mm (bo- en onderraam) nege 430mm (rak) vyf 425mm en een 510mm (kas-agterkant) vyf 380mm, vyf 350mm en een 510mm (kas-sye) vier 420mm en een 390mm (kasdeur)

• eenhonderd 6mm x 40mmspaanderbordskroewe • ses 8mm x 50mmspaanderbordskroewe • sestien 8mm x 16mmspaanderbordskroewe

• twee hekskarniere (verkieslik herwin) • handvatsel (herwin of nuut)

• houtlym

• rolwiele met plaathegting

• Annie Sloan Clear Wax en Annie Sloan Dark Wax (of vernis van jou keuse)

• 80-grint-skuurpapier

Gereedskap

• koordlose boor en 3mm-boorpunt

• potlood

• figuursaag

• lang houtklampe

• winkelhaak

• maatband

• hoeksplyper en slapskyf

PROJEKGIDS

Harde werk 6/10

Vaardigheidsvlak 6/10

Tyd nodig ± 4 uur

Klaar grootte 1140mm L x 480mm B x 900mm H

So maak jy

Die blad 

1 Skuur die 1140mm-planke vir die blad deeglik. Smeer elke plank mildelik met houtlym en plaas die planke teen mekaar. Klamp vas en laat staan vir 3 tot 4 dae tot heeltemal droog. Skuur dan die blad glad met die hoekslyper en slapskyf.

Wenk Verseker ’n netjiese blad deur toe te sien dat die plankrande presies gelyk lê wanneer jy dit lym en klamp.

Die raam

2 Plaas twee 1050mm-planke tussen twee 430mm-planke en skroef die pote haaks in die hoeke vas. Draai die raam om. Meet en merk 550mm van die bopunt van die pote af en skroef die laaste twee 1050mm-planke onder dié merk vas. Voltooi die onderste raam met twee 380mm-planke aan die binnekant. Plaas die nege 430mm-planke vir die rak langs mekaar op die onderste raam en skroef vas met die 6mm x 40mm-skroewe. Posisioneer ’n 380mm-plank horisontaal tussen die twee lang sye by elke ent van die boonste raam, teen die pote, en skroef vas.

Die kassie se linkersy

3 Begin aan die onderkant en skroef die vyf 350mm-planke teen die binnekant van die pote aan die linkerkant van die kassie vas – maak seker die plank-ente lê gelyk teen die voorste pootrand. Saag ’n stukkie uit die boonste plank vir ’n gaspyp.

Die kassie se agterkant en regtersy

4 Plaas een 510mm-plank haaks oor die ente van die vyf 425mm-planke en skroef vas in ’n sigsag-patroon – dit vorm die agterkant. Herhaal met die 380mm-planke vir die regtersy, maar skroef die 510mm-plank 30mm van die plank-ente af vas. Skroef die sypaneel haaks aan die agtersy vas. Posisioneer dié hoekstruktuur op die trollie; skroef die agterkant aan die agterste rand van die linkersy vas, draai die hele kas op sy rug en skroef die regtersy (van voor af) aan die boonste raam en (van onder af) aan die rak onder vas.

Die deur

5 Plaas die 390mm-plank haaks oor die middel van die vier 420mm-planke en skroef vas in ’n sigsag-patroon. Draai die deur om en skroef twee skarniere aan die voorkant vas. Skroef nou die deur aan die raam vas en sit ’n handvatsel aan.

Wenk Laat ’n 3mm-speling aan die bo- en onderkant van die deur om te keer dat dit vashaak – gebruik ’n stuk hardebord vir die doel.

6 Sit die kas onderstebo op die blad neer en posisioneer dit só dat die blad se rand reg rondom ewe ver verby die kaskante steek. Skroef vas met die 8mm x 50mm-skroewe. Skroef ’n rolwiel onderaan elke poot vas met die 8mm x 16mm-skroewe.

Afronding

Seël die hout met die was of vernis – ons het Annie Sloan Dark Wax vir die kassie en Clear Wax vir die blad gekies.

Wenk Vir kontras, gebruik ’n ligte én ’n donker seëlmiddel.

KONTAK EN VERSKAFFERS

Cape Garden 021 988 4137

Deon de Goede 084 589 5026, deon@diydeon.co.za

Hertex 0860 437 839

Mango Moon Trading 031 766 3823