Foto’s Karl Rogers en Ed O’Riley Produksie Marian van Wyk

Wat jy nodig het

INKOPIELYS

• 21 mm- gelamineerde dennehout, soos volg gesaag: een 1 500 x 610 mm (tafelblad) twee 790 x 530 mm (kassie-sye) drie 450 x 530 mm (bodem, bokant en rak van die kassie) een 810 x 530 mm (onderste rak van die tafel)

• twee geskaafde dennehout-planke van 22 x 69 x 3 000 mm, soos volg gesaag: twee 1 430 mm-lengtes en twee 530 mm-lengtes (boonste raamwerk) een 500 mm-lengte, in die lengte deurgesaag (rakstutte)

• twee geskaafde dennehout-planke van 22 x 95 x 3 000 mm, soos volg gesaag:   twee 1 300 mm-lengtes en   vier 470 mm-lengtes (onderste raamwerk)

• twee gedraaide 890 mm-tafelpote met vierkantige bo- en onderkante

• twee pakkies 6 mm x 40 mm-spaanderbordskroewe 

• een pakkie 8 mm x 30 mm-spaanderbordskroewe

• Alcolin Fast Set Glue

• 150-grint-skuurpapier

• Alcolin Woodfiller

GEREEDSKAP

• koordlose boor en 3 mm-boorpunt 

• potlood

• maatband

PROJEKGIDS

Harde werk 4/10 

Vaardigheidsvlak 4/10

Tyd nodig 1 tot 2 uur 

Maak dit vir ± R2 680:

Hout R1 900,

pote R680,

skroewe R40,

gom R40, 

skuurpapier R20

 

Projeknotas

• Meet noukeurig.

• Skuur jou planke vooraf.

• Onthou om gidsgaatjies te boor.

Só maak jy ...

1 Maak die raam vir die tafel se blad deur die twee 530 mm- geskaafde dennehoutplanke tussen die ente van die twee 1 430 mm-lengtes te lym en vas te skroef.

2 Maak die kassie deur twee van die 450 x 530 mm- gelamineerde dennehoutplanke tussen die ente van die twee 790 x 530 mm- gelamineerde dennehoutplanke te lym en vas te skroef.

3 Plaas die kassie teen een kort sy binne-in die blad se raam en skroef dit daar vas. Plaas die twee pote onderstebo in die teenoorstaande hoeke; lym en skroef vas.

4 Maak die onderste raam deur twee van die 470 mm-planke tussen die ente van die twee 1 300 mm-planke te lym en vas te skroef. Skroef die laaste twee 470 mm-planke in die raam vas waar dit die kassie en die onderste blad sal stut. 

5 Posisioneer die kassie en pote nou bo-oor die onderste raam. Skroef die raam se een kort sy aan die pote vas en skroef dan die kassie gelyk met die ander kort sy op die raam vas.

6 Plaas die onderste blad (810 x 530 mm) tussen die kassie en die pote en skroef dit op die raam vas. Plaas die tafelblad (1 500 x 610 mm) bo-op die boonste raam, gelyk met die agterkant van die raam maar laat die ander drie rande ewe ver oorhang. Skroef die twee 500 x 30 mm-stutplankies teen die sye van die kassie vas waar jy die rak wil hê. Vul alle skroefgate met houtvuller en laat dit deeglik droog word voordat jy die tafel glad skuur. Verf of vernis dit in die afwerking of kleur van jou keuse. 

Het jy geweet?
DIY Deon is nie voltyds in Tuis se diens nie, maar bedryf sy eie onderneming. Dié vakman kan enigiets onder die son maak – van tafels soos dié tot kombuiskabinette en klerekaste. Indien jy Deon se dienste nodig het, e-pos hom by deon@diydeon.co.za of bel hom by 084 589 5026.

Kyk saam!
Tuis is die mediavennoot van Pak weg, pak reg op VIA (DStv-kanaal 147). Seisoen 2 van dié reeks met inspirerende regrukprojekte begin op 20 April om 16:30; herhalings wys Sondae vanaf 25 April om 10:30. Volg ons op Facebook vir nog ontrommel-raad deur die kenners Carin Smith en Jani Augustyn-Goussard.