Wat jy nodig het:

  • ’n houtvloer
  • vloerskuurders en skuurpapier van verskillende grinte, van grof tot fyn – ons het kennershulp vir dié deel ingeroep
  • Woodoc Water-Borne FLOOR Matt White
  • breë kwas van goeie gehalte
  • 150-grint skuurpapier

Só maak jy 

1 Ons het kenners ingekry om die vloer te skuur voor ons die verseëlaar aangewend het. Hulle het begin met growwe skuurpapier, toe medium-growwe skuurpapier, en daarna fyn skuurpapier.  

2 Maak seker die vloer is skoon en stofvry voor jy die verseëlaar aanwend.

3 Wend die Woodoc Water-Borne FLOOR Matt White met ’n breë kwas aan die rou houtplanke. Wend saam met die grein aan. Doen 3–4 planke op ’n slag.

4 Laat dit heeltemal droog word. Droogtyd sal afhang van weerstoestande.

5 Skuur die verseëlaar liggies met die 150-grint skuurpapier. Verwyder alle stof.

6 Wend ’n tweede laag aan soos jy die eerste een aangewend het. Laat dit droog word en skuur weer liggies. Verwyder alle stof.

7 Wend ’n derde, laaste laag aan. Moenie ná dié laag skuur nie.