Foto’s Francois Oberholster l  Stilering Kim Bougaardt

PROJEKGIDS

Harde werk 3/10

Vaardigheidsvlak 3/10

Tyd nodig 1 tot 2 uur

Maak dit vir ± R2 050:

Hout R1 950,

skroewe R50,

gom R40,

skuurpapier R10

Projeknotas

• Pleks van dik, soliede hout te gebruik wat ’n plaas se geld kos, het ons ’n blad van laaghout afgerond met breë rande; elke poot is ook net twee planke wat mekaar in ‘n L-vorm ondersteun.

• Skuur jou planke vooraf.

Wat jy nodig het

INKOPIELYS

• 1800 x 600 x 18 mm-laaghout (blad)

• 30x95 mm- geskaafde dennehout, gesaag in: agt stukke van 745 mm (pote) twee stukke van 1 800 mm (lang blad-stutte) twee stukke van 840 mm (kort blad-stutte)

• 22x69 mm- geskaafde dennehout, gesaag in: twee stukke van 1 844 mm en twee stukke van 944 mm (blad-rande)

• een pakkie 8 mm x 70 mm-spaanderbordskroewe

• Alcolin Fast Set Glue

• 150-grint-skuurpapier

GEREEDSKAP

• koordlose boor en 3 mm-boorpunt

• potlood

• maatband

Só maak jy ...

1 Lê vier van die 745 mm-dennehoutplanke op jou werksoppervlak neer en boor vier gidsgaatjies teen die lang sye. Lym en skroef hierdie vier planke haaks teen die lang sye van die ander vier 745 mm-planke vas om die L-vormige pote vir jou tafel te vorm.

2 Plaas die 1 800 x 900 mm-laaghoutblad op jou werksbank en boor gidsgaatjies deur al vier sye. Lym en skroef nou eers die twee lang 1 800 mm-stutte onderaan die blad se lang sye vas en dan die twee kort 840 mm-stutte onder die kort sye van die blad (tussen die lang stutte).

3 Saag die ente van die 22 x 69 mm-planke vir die rande teen 45 grade en skroef dit reg rondom en gelyk met die blad vas om die naat tussen die blad en die stutte te verbloem en die tafel meer detail en afronding te gee.

4 Draai die tafelblad om en lym en skroef ’n poot in elk van die hoeke vas. Maak seker dat die breër sy van die poot teen die lang sy van die tafel is. Vul al die skroefgate met houtvuller en laat dit goed droog word voordat jy die tafel deeglik skuur. Verf of vernis die hout in die kleur of afwerking van jou keuse.

Het jy geweet?
DIY Deon is nie voltyds in Tuis se diens nie, maar bedryf ’n eie onderneming. Dié vakman kan enigiets onder die son maak – van tafels soos dié tot kombuiskabinette en klerekaste. Indien jy Deon se dienste nodig het, e-pos hom by deon@diydeon.co.za of bel hom by 084 589 5026.


VERSKAFFERS

@home 0860 834 834

Home Etc. 021 551 3311

Timber Connection 021 982 2850