PROJEKGIDS
  • Harde werk 4/10
  • Vaardigheidsvlak 4/10
  • Tyd nodig 1–2 uur
  • Maak dit vir minder as R750 (verf/vernis uitgesluit)

 Projeknotas

  • Skuur jou planke vooraf.
  • Onthou om gidsgaatjies te boor.
  • Pas die grootte van jou rak aan volgens jou behoeftes. Vir lang stewels moet die rakke byvoorbeeld verder uitmekaar wees; plaas dié rakke nader aan die onderkant van die struktuur, en rakke vir sloffies en tekkies wat nader aan mekaar kan wees, meer na bo.

Wat jy nodig het

INKOPIELYS

  • 610 mm- gelamineerde dennehout, gesaag in: sewe 600 x 300 mm-lengtes (rakke)
  • 3 000 x 22 x 22 mm- geskaafde dennehout, gesaag in: sewe 600 mm-lengtes (keerplanke)
  • 3 000 x 22 x 44 mm- geskaafde dennehout, gesaag in: vier 2 100 mm-lengtes (regop raamstutte); vier 300 mm-lengtes (kort dwarsstutte); drie 600 mm-lengtes (lang dwarsstutte)
  • twee stukkies afvalhout, een van 272 mm en een van 250 mm (spasieerders)
  • een pakkie 8 mm x 30 mm-spaanderbordskroewe
  • een pakkie 6 mm x 50 mm-spaanderbordskroewe
  • houtlym
  • houtvuller
  • 120-grint-skuurpapier
  • verf of vernis (opsioneel)

GEREEDSKAP

  • koordlose boor en 3 mm-boorpunt
  • potlood
  • figuursaag
  • maatband
  • winkelhaak
  • verfkwas
  • skraper

So maak jy ...

1. Sit ’n 22 x 22 x 600 mmkeerplank aan een lang sy van elke 600 x 300 mm-rak vas met lym en skroewe.

2. Vir die kantrame Saag die ente van die vier 2 100 mm- regop stutte en die vier 300 mm dwarsstutte skuins teen 45 grade met die figuursaag. Lym en skroef dan twee kort dwarsstutte tussen die ente van twee regop stutte vas (sien skets 1).

3. Verbind die twee kantrame met behulp van die drie 600 mm-dwarsstutte deur twee van dié lang dwarsstutte onder by die basis en een bo vas te skroef (sien skets 2).

4. Meet en maak ’n merk 100 mm van onder af op die twee agterste regop stutte. Draai dan die rak op sy rugkant. Posisioneer die eerste (onderste) rak met sy agterste rand op die 100 mm-merk en die keerplank op die lang dwarsstut voor, en skroef vas. Gebruik die 272 mm-spasieerder aan die agterkant en die 250 mmspasieerder aan die voorkant (meet van die keerplank se bo-rand af) om die volgende rak se posisie te merk. Herhaal vir al die rakke.

Ter afronding

Vul die skroefgate met houtvuller en laat dit goed droog word. Skuur die hele skoenrak deeglik alvorens jy dit in die afwerking van jou keuse verf of vernis. Ons het Sabre se Satin Glow-emaljeverf in wit gebruik.

Hout en skroewe verskaf deur Cape Boards. Stilering Marian van Wyk

KONTAK EN VERSKAFFERS
  • Cape Boards 021 981 0152, capeboards.co.za
  • Deon de Goede 084 589 5026, deon@diydeon.co.za
  • MRP Home 0800 212 535, mrphome.com