Dramandjies en gehekelde kaktusse van Baraka; gestreepte Farah Hernandez-porseleinpotte en geraamde Artymiss-laserkunswerke van Fabricate; wit A4-rame en glasvase van MRP Home; TinTown-poshouer met Tafelberg-ontwerp van Heartworks; houtfiguur van The Deckle Edge

Foto’s Francois Oberholster Stilering Marian van Wyk

PROJEKGIDS

Harde werk 3/10

Vaardigheidsvlak 4/10

Tyd nodig 1½ uur

Maak dit vir ± R1 000: Hout R900, skroewe R10, Alcolin Fast Set Glue R30, skuurpapier R10, houtvuller R30

Projeknotas

• Onthou om twee keer te meet, want dan koop jy net een keer.

• Skuur jou planke vooraf.

• Onthou om gidsgaatjies te boor.

• Pas jou rak aan volgens jou behoeftes en beskikbare spasie.

Wat jy nodig het

INKOPIELYS

• 18 mm-laaghout, soos volg gesaag: een 1 400 x 650 mm en een 1 800 x 650 mm (rugkante) een 700 x 100 mm en een 900 x 100 mm (kort rakke) twee 1 400 x 70 mm en twee 1 764 x 70 mm (stutte) twee 1 420 x 100 mm en twee 1 700 x 100 mm (lang rakke)

• dennehoutvuller

• Alcolin Fast Set Glue

• ’n pakkie 6 mm x 50 mm-skroewe

• ’n pakkie 8 mm x 30 mm-skroewe

• 220-grint-skuurpapier

• agt 6 mm x 55 mm-inkapskroewe (“nail-in-anchors”)

GEREEDSKAP

• koordlose boor, 3 mm-boorpunt en 6 mm-betonboorpunt

• figuursaag

• potlood

• maatband

• waterpas

Só maak jy...

/

1 Meet en merk die middel van die 1 400 mm- en die 1 800 mm-rugkant oor die breedte (sien skets 1) en lym en skroef die 700 mm- kort rak aan die 1 400 mm-rugkant vas (gebruik die 6 mm x 50 mm-skroewe). Doen dieselfde met die 900 mm-rak en die 1 800 mm-rugkant.

2 Merk hoe hoog jy die rak wil monteer. Boor vier gate naby die hoeke in elke rugkant en boor ooreenstemmende gate in die muur. Gebruik die inkapskroewe om die rak teen die muur vas te sit. Ons het eers die 1 800 mm-rugkant in die hoek teen die een muur vasgesit en toe die 1 400 mm-rugkant haaks daarmee teen die ander muur. Maak seker die struktuur is waterpas voordat jy dit vasskroef.

3 Skroef nou die twee 1 400 mm-stutte gelyk met die bo- en onderkant aan 1 400 mm-rugkant vas (gebruik 8 mm x 3 0mm-skroewe). Dit versteek die inkapskroewe se koppe en gee meer ondersteuning aan die rakkies wat volg. Herhaal met die 1 800 mm-rugkant en die 1 764 mm-stutte.

/

4 Gebruik die 6 mm x 50 mm-skroewe en skroef die 1 420 mm- lang rakke bo- en onderaan die 1 400 mm-rugkant vas. Herhaal met die 1 700 mm- lang rakke en aan die 1 800 mm-rugkant.

/

5 Vul alle sigbare skroefgate met houtvuller en laat dit goed droog word. Skuur die hele rak netjies en verf of vernis die hout in die kleur of afwerking van jou keuse. Ons het besluit om die hout rou te hou.

KONTAK EN VERSKAFFERS

Baraka, 021 425 8883

Deon de Goede 084 589 5026, deon@diydeon.co.za

Fabricate

Heartworks 021 465 3289, heartworks.kloof@gmail.com

MRP Home 0800 212 535

The Deckle Edge 021 201 4100

Hout verskaf deur Timbercity