Wat jy nodig het

Gereedskap

  • kwaste
  • verwersmaskeerband
  • skuurder met fyn en growwe skuurpapier

 

Inkopielys

  • patroon [LAAI DIE PATROON HIER AF]
  • kryt
  • 2 x 1 liter Woodoc Water-Borne Deck
  • 20 ml Woodoc Colours Seaweed
  • 20 ml Woodoc Colours Mulberry

So maak jy:

1 Laai die patroon af en kies die opsie om op 100% grootte uit te druk – jy kan dit in Adobe Reader doen deur die “poster”-opsie in die drukvenster te kies. Dit sal dan outomaties die patroon in A4-seksies opdeel en op verskillende blaaie uitdruk, waarna jy dit aan mekaar kan vasplak. Knip die patroon uit. 

2 Berei die deur voor: Skuur dit tot die rou hout ontbloot en glad is; begin met die growwe skuurpapier en rond af met die fyn skuurpapier. Die hout moet stofvry en droog wees voor jy die Water-Borne Deck aanwend. 

3 Sit die patroon op die hout neer en trek die vorm met die kryt af. Baken die buitekant van die ontwerp met die maskeerband af. 

4 Meng 20 ml Woodoc Colours Seaweed met 1 liter Water-Borne Deck en 20 ml Woodoc Colours Mulberry met 1 liter Water-Borne Deck. 

5 Wend drie lae van die Water-Borne Deck Seaweed aan die binnekant van die afgebakende deel aan; laat dit droog word tussen lae. 

6 Haal die maskeerband af en plak dit weer aan die binnekant van die krytlyne vas. 

7 Herhaal stap 5 met die Water-Borne Deck Mulberry. 

8 Haal die maskeerband af en siedaar!