Video Francois Oberholster

Wat jy nodig het:

  • Adirondack-stoel /hout-dekstoel
  • Woodoc Water-Borne Deck
  • Woodoc Colours in Opal en Seaweed
  • emmer om in te meng
  • stokke om mee te meng
  • verfkwas

1. Maak seker die hout is rou en vry van enige verf of verseëlaar voor jy Woodoc Water-Borne Deck; skuur eers as die hout nie rou is nie.

2. Giet van die Woodoc Water-Borne Deck in die emmer (sowat 150 ml). Giet die Opal Colours in die oorblywende Water-Borne Deck en meng goed. Gooi van die Seaweed Colours in die emmer en meng goed.

3. Verf die hele stoel met twee lae Opal Colours; laat dit tussen lae droog word.

4. Verf elke tweede lat van die rugleuning twee lae; laat dit tussen lae droog word.