Video Francois Oberholster

Wat jy nodig het

  • Woodoc Water-Borne Deck
  • Woodoc Colours: Opal, Inky Blue en Clifton Grey
  • drie houers om in te meng
  • drie kwaste
  • mengstokke

So maak jy ...

Voor jy begin Skuur die tafel en bankies af.

1. Gooi ewe veel Woodoc Water-Borne Deck in al drie houers.

2. Gooi ’n derde van een van die drie Colours by die drie houers in en meng goed.

3. Verf die meubels se planke met die drie kleurmengsels; kies telkens ’n ander kleur vir elke plank. Laat die verf droog word en wend ’n tweede laag aan.