Foto’s Francois Oberholster

Wat jy nodig het

• tafel

• skroewedraaier

• skuurpapier

• lap

• verdunner

• Tjhoko Paint in die kleur Coral Stone

• waterpas

• maskeerband

• verguldpasta (kleefmiddel vir die bladgoud)

• bladgoud

• kwaste – een vir die verf, een vir die verguldpasta en ’n skoon, sagte kwas vir die bladgoud

Doen dit self vir R1 057:

Tafel op Gumtree R850;

bladgoud R70;

verguldpasta R30;

Tjhoko Paint R107

1 Verwyder die handvatsel met die skroewedraaier.

2 Skuur die oppervlak liggies. Vee enige stof af met ’n klam lap.

3 Vee die hele oppervlak af met die verdunner om dit voor te berei vir die krytverf.

4 Verf die tafel met twee lae Tjhoko Paint; laat die verf droog word tussen lae. Moenie die onderste deel van die pote verf nie.

5 Gebruik die waterpas om te merk waar jy die bladgoud op elke poot wil aanbring. Plak maskeerband bo daardie merke.

6 Wend ’n dun laag verguldpasta aan die pote. Laat dit 15 minute staan om taai te word.

7 Sit die bladgoud versigtig aan die taai dele van die tafelpoot. Gebruik die sagte kwas om dit glad te vee, en verwyder enige oortollige bladgoud.

8 Vervang die handvatsel.