
Video Marcus Eddie
Wat jy nodig het
- Aflaaibare patroon
- Rakplank van gelamineerde dennehout
- Pen
- Deurslagpapier
- Figuursaag
- G-klampe
- Skuurpapier
- Woodoc Water-Borne FLOOR Clear Matt
- Woodoc Colours Sweet Grass
- Houer om in te meng en mengstokkie
- Verfkwas
- Boor met 3 mm-houtboorpunt
- Klein koperhakies
- Houtlym
1 Laai die kaktuspatroon af en druk dit uit. Plaas dit op die rakplank en trek dit met behulp van die deurslagpapier op die hout af.
2 Klamp die hout aan jou werkblad vas met die G-klampe en saag die vorms wat jy in stap 1 afgetrek het, versigtig uit.
3 Skuur die rande glad.
4 Skink sowat 75 ml van die Woodoc Water-Borne FLOOR Clear Matt in ’n houer en voeg ’n bietjie Woodoc Colours Sweet Grass by. Meng goed.
5 Wend drie lae van die kleur wat jy in stap 4 gemeng het, aan die vorms. Laat elke laag goed droog word en skuur liggies ná die eerste en tweede laag droog is, maar nie ná die derde laag nie.
6 Boor gaatjies vir die koperhakies waar jy dit op die kaktusvorm wil hê en draai die hakies in.
7 Smeer ’n bietjie houtlym in die opening van die voetstuk en heg dit aan die kaktusvorm.