Wat jy nodig het:

  • winkelgekoopte houtlanterns
  • Woodoc Water-Borne DECK Matt Clear
  • Woodoc Colours in Full Moon en Deep Plum
  • houers en plankies om mee te meng
  • verfkwaste

So maak jy ...

1 Meng die twee Woodoc Colours in aparte houers met die Woodoc Water-Borne DECK Matt Clear.

2 Op een van die lanterns het ons ’n eenvoudige driehoekmotief in die kleur Deep Plum met ’n kunstenaarskwas aangebring.

3 Laat dit droog word en verseël dit dan met twee lae Woodoc Water-Borne DECK Matt Clear. 

4 Ons het die ander lantern ’n vars voorkoms gegee deur twee lae van die Full Moon-mengsel aan te wend.

5 LW. Woodoc raai aan dat jy die hout skuur voor jy verseël, ook dat jy liggies skuur nadat jy die eerste en tweede laag verseëlaar aangewend het.