Wat nodig het

  • stoepstoele van verweede soliede hout (soos kiaat, dennehout of meranti)
  • petroleumjellie
  • Woodoc Wood Reviver
  • Woodoc Water-Borne Plus-Life PRIMER
  • Woodoc Water-Borne MARINE Matt
  • skuurpapier
  • verfkwaste
  • lap

Só maak jy

1 Bedek al die metaaldele met petroleumjellie.

2 Meng die Woodoc Wood Reviver-kristalle met warm water. Gebruik die handskoene en spatel wat in die houer voorsien word.  Skrop die verweerde dele goed met die Woodoc Wood Reviver.

Was die Wood Reviver af met genoeg skoon water. Laat die stoele heeltemal droog word.

4 Skuur die oppervlak glad.

5 Wend 1 laag Woodoc Water-Borne Plus-Life PRIMER aan. Laat dit droog word.

6 Wend 3 lae Woodoc Water-Borne MARINE Matt aan; laat elke laag droog word voor jy die volgende een aanwend en skuur liggies met fyn skuurpapier ná die eerste en tweede laag. Moenie ná die derde laag skuur nie.