Wat jy nodig het

  • Woodoc Water-Borne FLOOR Clear Matt
  • Woodoc Colours Red
  • maskeerband
  • drukstuk van die woord “vuurwarm” (ons het die lettertipe Bree Serif in die grootte 200 gebruik)
  • deurslagpapier
  • balpuntpen
  • Woodoc Gel Stain Ebony
  • houtkrat
  • 4 rolwiele
  • skroewe
  • skroewedraaier
  • verfkwaste
  • houer om in te meng
  • plat roerspaan 

Só maak jy ...

Meng ’n bietjie Woodoc Colours Red met sowat 100 ml Woodoc Water-Borne FLOOR Clear Matt.

Plak die krat se borand toe met die maskeerband.

Verf die binnekant van die krat met twee lae van die rooi mengsel; laat dit droog word tussen lae.

Haal die maskeerband af.

Sit die bladsy in die middel van die krat se een sy neer en plak vas met die maskeerband. Skuif die deurslagpapier onder in en trek die letters se buitelyne met die pen af.

Haal die papier en deurslagpapier af en verf die letters versigtig met twee lae Woodoc Gel Stain Ebony en ’n kunstenaarskwas. Laat dit 24 uur staan om droog te word.

Verseël die buitekant van die krat met twee lae Woodoc Water-Borne FLOOR Clear Matt.

Maak die rolwiele aan die onderkant van die krat met skroewe vas.