Video: Francois Oberholster

Wat jy nodig het:

  • kinderkuns
  • gespande doek
  • aanstryk-oordragpapier
  • skandeerder en drukker
  • yster

So maak jy

Stap 1 Skandeer jou kind se kunswerk en druk dit op die oordragpapier uit.

Stap 2 Knip die oordragpapier sowat 1cm groter as die kunswerk.

Stap 3 Stryk die afdruk op die seil; volg die aanwysings op die verpakking.

Wenk Pak boeke onder die seil sodat jy druk kan toepas terwyl jy stryk sonder om die seil uit te rek.