PROJEKGIDS
  • Harde werk 1/10
  • Vaardigheidsvlak 1/10
  • Tyd nodig 3 uur
  • Doen dit self vir ± R496 vir drie hanglampe: 500 g sisaltou R64, 250 ml kouelym R60, mielieblom R27, ballonne R15, lig-passtukke R50 elk, gloeilampe R60 elk

Wat jy nodig het

INKOPIELYS

  • kouelym
  • mielieblom (Maizena)
  • ballonne
  • sisaltou
  • lig-passtukke met elektriese koord
  • gloeilampe

GEREEDSKAP

  • bak
  • lepel
  • verfkwas
  • speld

So maak jy ...

1. Gebruik ’n lepel en meng die gom, mielieblom en water (2 dele gom : 2 dele mielieblom : 1 deel water). Die verhouding hoef nie presies te wees nie; mik vir ’n verfbare pasta. Jy kan een groot mengsel maak of kleiner mengsels soos wat jy dit nodig kry.

2. Blaas die ballonne op.

3. Doop die tou in die mengsel en draai dit kruis en dwars om die ballon. Dis effens glibberig om mee te werk, maar dit raak makliker sodra jy die tegniek onder  die knie het.

4. Bedek die ballon so dig soos jy jou lampkap wil hê. Druk die tou effens uitmekaar by die basis van die ballon om ’n opening te vorm wat groot genoeg is dat die gloeilamp daardeur sal pas.

5. Gebruik die kwas en verf van die gommengsel oor die tou.

6. Hang die ballon vir 24 uur op om droog te word.

7. Wag tot die tou heeltemal droog is en laat bars die ballon met die speld. Haal die ballon uit, asook enige “vel” wat in die openinge tussen die tou gevorm het.

8. Skroef die gloeilamp in die passtuk (kies koel energiebesparende lampe wat geen brandgevaar inhou nie). Ryg die koord van onder deur die kap en hang op.

VERSKAFFERS

Passtukke van Eagle Lighting; sisaltou van CD Fox