Wat jy nodig het

  • afvalstuk berkelaaghout
  • horlosie-patroon
  • Woodoc Water-Borne FLOOR Clear Matt
  • Woodoc Colours in Blue en Full Moon
  • houers om in te meng
  • houtstokkies om mee te meng
  • potlood
  • figuursaag
  • G-klampe
  • skuurpapier
  • boor met 8 mm-houtboorpunt
  • horlosie-meganisme
  • wysers in goud en sekondewyser in rooi
  • klein ronde wit plakkers

Só maak jy 

1 Laai die patroon af, druk dit en knip dit uit. Trek die patroon op die hout af. Merk die middelpunt.

2 Klamp die hout op jou werkvlak vas en saag die sirkel met die figuursaag uit. Boor ’n gat in die middel van die sirkel en skuur die rande glad.

3 Meng sowat 75 ml Woodoc Water-Borne FLOOR Clear Matt met die Woodoc Colours Blue en Full Moon onderskeidelik.

4 Sit weer die patroon op die houtsirkel en merk waar 11 en 5 op die horlosie sal wees. Verbind dié punte met die maskeerband.

5 Verf die halfsirkel met twee lae Woodoc Colours Blue-mengsel; laat dit tussen lae droog word. Haal die maskeerband af wanneer die tweede laag droog is.

Plak nou ’n strook maskeerband om die segment tussen 3 en 5 af te baken, en wend twee lae van die Woodoc Colours Full Moon-mengsel aan; laat dit tussen lae droog word. Haal die maskeerband af wanneer die tweede laag droog is.

7 Verseël die horlosie met drie lae Woodoc Water-Borne FLOOR Clear Matt; laat dit tussen lae droog word.

8 Gebruik die patroon om die syfers se plekke te merk en plak die wit plakkers daar. Jy het nie plakkers vir 3, 4, 5 en 11 nodig nie.

9 Maak die meganisme van agter af deur die gat in die middel vas en sit die wysers aan.