Wat jy nodig het:
- Woodoc Tile and Cement Sealer
- Woodoc Colours – Opal, Pink en Yellow
- sement-plantpotjies
- maskeerband van verskillende diktes
- verfkwaste
- 3 houers om in te meng
- 3 plat spane om mee te roer
Só maak jy ...
1 Gooi sowat 50 ml verseëlaar in elk van die drie houers. Gooi ’n bietjie van elk van die Colours by ’n houer in en meng goed.
2 Gebruik die maskeerband om motiewe op die sementpotte aan te bring. Dit kan so eenvoudig of so ingewikkeld wees soos jy verkies.
3 Verf die areas wat jy oop gelos het met die kleurmengsels. Laat dit droog word en wend ’n tweede laag aan.
4 Wag tot die tweede laag droog is en haal die maskeerband af.
5 Wend twee lae kleurloseverseëlaar aan die ongeverfde dele; laat dit tussen lae droog word.
6 Sit potgrond en plante in jou nuwe planthouers.
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET