Wat jy nodig het
- Kersboom-stensilpatroon (laai dit hier af)
- Priplak-plastiekvel
- maskeerband
- kunsvlytmes
- staalliniaal
- snymat
- 6 mm-laaghout
- maatband
- potlood
- tekendriehoek
- G-klampe
- figuursaag
- 100-grint skuurpapier
- Woodoc Water-Borne FLOOR Matt Clear
- Woodoc Colours Full Moon
- Woodoc Colours Brights Red
- 2 houers om in te meng
- 2 mengstokkies
- nie-permanente aanspuitgom
- sponsaanwenders
- verfkwas
So maak jy ...
1 Laai die patroon af en druk dit uit. Plak die patroon met maskeerband teen die Priplak se agterkant sodat dit deurskyn. Gebruik ’n kunsvlytmes en ’n staalliniaal en sny die boomvorms en ster uit.
2 Meet en merk 30 x 45 cm-reghoeke op die laaghout en saag die reghoeke met die figuursaag uit.
3 Skuur die rande glad.
4 Gooi sowat 50 ml Woodoc Water-Borne FLOOR Matt Clear in elke meng-houer. Voeg die Woodoc Colours Full Moon en Woodoc Colours Brights Red onderskeidelik by die houers en roer goed.
5 Spuit gom aan die agterkant van die stensil wat jy in stap 1 gemaak het.
6 Posisioneer jou stensil op die hout-reghoek. Doop die sponsaanwenders in die Woodoc-mengsels en verf die stensil-patroon daarmee. Verwyder die stensil en laat die geverfde dele heeltemal droog word.
7 Wend drie lae Woodoc Water-Borne FLOOR Matt Clear reg rondom die plekmatjies aan om dit te seël. Laat heeltemal droog word tussen die lae; skuur ook liggies ná die eerste en tweede laag (nie ná die laaste laag nie).