book-icon Uitgawe April 2018

Maak ’n elegante badrakkie

akkreditasie
Francois Oberholster
Maak ’n rak waarop al jou bad-bederfies binne bereik is.

Wat jy nodig het

  • 22 mm x 95 mm- geskaafde dennehout, gesaag in: vyf 740 mm-lengtes twee 220 mm-lengtes
  • 6 mm x 40 mmspaanderbordskroewe
  • Alcolin Ultra Wood Glue
  • Alcolin Woodfiller
  • 120-grint-skuurpapier

So maak jy ...

1. Gebruik Alcolin Ultra Wood Glue en skroewe, en sit die twee kort planke haaks oor drie van die lang planke vas, met ’n 6 mmspasie tussen die lang planke. Sorg dat die kort planke knus binne die badrande pas.

2. Plaas die ander twee lang planke regop teen die kant van die basis, gelyk met die onderrand van die kort planke; merk en saag die hoeke uit sodat die rak op die badrand kan rus.

3. Lym en skroef die rande vas. Vul die skroefgate met Alcolin Woodfiller, laat dit droog word en skuur glad. Verf of vernis die hout in die kleur van jou keuse.

Jongste uitgawe

September 2022

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees
Jongste uitgawe

WERF 2021

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir jou werf nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees