Foto’s Francois Oberholster 

Wat jy nodig het

  • Woodoc Water-Borne FLOOR Clear Matt
  • Woodoc Colours in Full Moon, Pink, Orange en Yellow
  • verfkwaste
  • houers om in te meng
  • dennehoutplank (600 x 69 x 32 mm)
  • 9 tappenne (dowels) (180 x 19 mm)
  • liniaal
  • potlood
  • 19 mm-plaatboorpunt
  • boorpers
  • maskeerband
  • rubberhamer
  • plat roerspaan

So maak jy ...

1. Meet en merk intervalle van 60 mm in die middel van die dennehoutplank.

2. Gebruik die boorpers en 19 mm-boorpunt om gate deur die plank te boor op die merke wat jy in stap 1 gemaak het.

3. Meet en merk 32 mm op elk van die tappenne. Plak die lengte toe met maskeerband.

4. Meng ’n paar druppels van elke kleur met sowat 75 ml Woodoc Water-Borne FLOOR Clear Matt en roer goed.

5. Verseël die dennehoutplank met twee lae Full Moon; laat dit droog word tussen lae.

6. Verseël drie tappenne met elk van die drie helder kleure; wend twee lae aan en laat dit droog word tussen lae. Wag tot dit droog is en haal die maskeerband af.

7. Sit die tappenne in die gate in die plank en kap dit in met die rubberhamer.