Shelly sê: Koper is tydloos, elegant en duursaam; dit komplementeer enige dekorstyl, van modern landelik tot industrieel.

PROJEKGIDS
  • Harde werk 1/10
  • Vaardigheidsvlak 1/10
  • Tyd nodig 3 uur (plus die kleefmiddel se droogtyd)
  • Doen dit self vir ± R1 065 (6 m koperpyp R600, vier T-pype R72, agt elmboogpype R96, kleefmiddel R199, metaalpolitoer R98)
p.p1 {margin: 0.0px 0.0px 0.0px 0.0px; font: 8.5px Helvetica}

Wat jy nodig het

INKOPIELYS

  • 6 m x 22 mmkoperpyp
  • vier 22 mmkoper-T-pype
  • agt 22 mmkoper-elmboogpype
  • sterk veelsydige kleefmiddel
  • metaalpolitoer

GEREEDSKAP

  • maatband
  • merkpen
  • pypsnyer
  • bankskroef
  • tekendriehoek

So maak jy ...

1. Meet en merk die volgende lengtes op die koperpyp: twee x 850 mm; twee x 750 mm; vier x 580 mm; twee x 110 mm; vier x 50 mm.

2. Klamp die pyp in die bankskroef vas en sny dit met die pypsnyer in die lengtes wat jy in stap 1 gemerk het.

3. Vryf die pype skoon en blink met die politoer; volg die aanwysings op die verpakking.

4. Begin met die twee kort sye vir die basis. Gebruik die kleefmiddel en heg ’n elmboogpyp aan ’n 50 mmlengte. Heg nou ’n T-pyp, gevolg deur ’n 110 mm-lengte, nog ’n T-pyp en dan nog ’n 50 mm lengte daaraan. Eindig met ’n elmboogpyp. Gebruik die tekendriehoek om die twee T-pype haaks met die elmboogpype te draai. Maak twee van dié sye.

5. Verbind die twee kort sye met twee 580 mm-lengtes; dit vorm die basis.

6. Maak die relings deur twee 850 mm-lengtes met twee elmboogpype aan ’n 580 mm-pyp te heg. Herhaal met die twee 750 mm-lengtes en die oorblywende 580 mm-lengte.

7. Heg die relings met kleefmiddel aan die T-pype in die basis. Laat 24 uur staan sodat die kleefmiddel kan droog word.

VERSKAFFERS
  • H&M Home 021 826 7451, hm.com/za
  • Woolworths 0860 022 002, woolworths.co.za