Foto’s Ed O’Riley

Wat jy nodig het

  • Woodoc Water-Borne MARINE Clear Matt/Gloss
  • Woodoc Colours Brights Red en Beaufort Grey
  • fyn skuurpapier
  • brandspiritus
  • lappe
  • plantboks
  • dennehout-rakplank (900 x 300 mm)
  • skarniere
  • skroewe (4 mm x 20 mm)
  • mengflesse
  • plat mengstokkies
  • verfkwaste
  • maatband
  • potlood
  • G-klampe
  • figuursaag
  • skroewedraaier 

Só maak jy

1 Maak ’n deksel: Meet en merk die grootte van die plantboks op die dennehout-rakplank.

2 Klamp die rakplank aan jou werkblad vas en saag die deksel uit volgens die merke wat jy in stap 1 gemaak het.

3 Skink sowat 100 ml van die Woodoc Water-Borne MARINE Clear in elke mengfles. Skud die Colours-botteltjies goed. Voeg Woodoc Colours Brights Red en Beaufort Grey onderskeidelik by elke fles. Roer goed.

4 Vee die hout af met ’n lap wat in brandspiritus gedoop is. Laat dit droog word. Verf die dennehoutplank reg rondom met drie lae van die rooi mengsel. Laat elke laag heeltemal droog word en skuur liggies met fyn skuurpapier voor jy die tweede en derde laag aanwend (moenie weer skuur ná die derde laag droog is nie). Herhaal met die Beaufort Grey op die plantbak.

5 Wag tot die verseëlaar oraloor droog is en skroef dan die deksel met behulp van die skarniere aan die plantboks.

Let wel

Die gebruik van Woodoc Water-Borne Plus-Life PRIMER saam met Woodoc Waterdraende Verseëlaars sal die verseëlaars heelwat langer laat hou.