Wat jy nodig het

  • 76 x 76 mm-dennehout: twee 300 mm-lengtes en een 950 mm-lengte
  • drie besemstokke, middeldeur gesaag (ses 600 mm-lengtes)

So maak jy ...

1. Maak die pote deur die 950 mm-balk dwars oor die twee 300 mmbalke te plaas; merk die posisie van die voeë op laasgenoemde.

2. Gebruik ’n rugsaag en saag gleuwe in die gemerkte dele (net tot in die helfte). Verwyder die hout vir die voeë met ’n beitel.

3. Versink die dwarsbalk in die voeë en lym vas met Alcolin Ultra Wood Glue.

4. Merk die posisie vir elke halwe besemstok en boor die 6 gate – loodreg en almal ewe diep. Lym die besemstokke in die gate vas. Skuur liggies en verf in die kleur van jou keuse.