Wat jy nodig het

  • 18 mm-laaghout, gesaag in: een 550 mm x 200 mm-rugkant; een 550 mm x 155 mm-bodem; vier 200 mm x 130 mm-verdelers
  • 6 mm x 40 mm-spaanderbordskroewe
  • Alcolin Professional Wood Glue
  • Alcolin Woodfiller
  • 120-grint-skuurpapier

So maak jy ...

1. Saag een hoek van die vier verdelers skuins af (sien foto’s). Gebruik dan Alcolin Professional Wood Glue en lym en skroef die verdelers eweredig uit mekaar aan die rugkant vas.

2. Draai die struktuur onderstebo en lym en skroef die bodem aan die onderkant vas. Vul die skroefgate met Alcolin Woodfiller, laat goed droog word en skuur deeglik.