Video: Francois Oberholster

Wat jy nodig het

Inkopielys

  • hasie-patroon
  • rak van gelamineerde dennehout (600 x 400 mm)
  • drie houtknoppe
  • skroewe
  • dennehoutlat (22 x 22 x 410 mm)
  • Woodoc Water-Borne FLOOR Clear Matt/Gloss
  • Woodoc Colours: Opal, Seaweed, Inky Blue en Full Moon

 Gereedskap 

  • potlood
  • G-klampe
  • figuursaag
  • vier houers om in te meng
  • plat roerspaneom mee te meng
  • verfkwaste
  • boor met 3 mm-houtboorpunt
  • skroewedraaier

Só maak jy 

Laai die hasie-patroon af (HIER), druk dit uit en knip die vorm uit.

Trek drie hasies op die dennehoutrak af, maak dit aan jou werkblad vas met die G-klampe, en saag die hasies versigtig met die figuursaag uit.

Meng die Woodoc Colours in die kleure Opal, Seaweed and Inky Blue elk met sowat 75 ml Woodoc Water-Borne FLOOR.

Bedek sowat ’n derde van die hasies se onderste deel met die drie verskillende kleure. Laat dit droog word en wend ’n tweede laag aan.

Meng sowat 100 ml Woodoc Water-Borne FLOORmet Woodoc Colours Full Moonin ’n aparte houer.

6 Doop die deurknoppe in die Woodoc Colours Full Moon-mengsel en laat dit droog word. Doop die hasies se ore ook in dié mengsel, en hang dit onderstebo om droog te word.

Wag tot alles droog is en boor gidsgate waar die “sterte” moet kom. Maak dit dan met die skroewe vas. 

Sit die hasies onderstebo langs mekaar neer. Sit die dennehoutlat oor al drie en skroef vas. En siedaar! 

 
Wenk
Jy kan die hasies aan die muur vassit met alkantkleefband, of hakies aan die houtlat sit en dit gebruik om dit teen die muur te hang.