Wat jy nodig het

  • Alcolin Rapid-Epoxy
  • 2 ewe groot bakkies
  • 1 kleinbordjie
  • 1 eetbord

So maak jy ...

1. Meng die Alcolin Rapid-Epoxy volgens die aanwysings op die pakkie.

2. Plak die twee bakkies se bodem aan mekaar vas. Laat staan dit vir 10 minute om droog te word. Plak dan die kleinbordjie se onderkant aan een bakkie se rand vas; laat weer vir 10 minute staan.

3. Plak laastens die eetbord aan die ander bakkie se rand vas. Vee die oortollige epoksi af en laat dit goed droog word.