Wat jy nodig het

  • Woodoc Water-Borne FLOOR Matt Clear
  • Woodoc Colours Bright Green
  • 3 houers vir die onderskeie kleure
  • onbehandelde houtkrale (120 x 20 mm-krale, 45 x 10 mm-krale en 3 x 25 mm-krale; die aantal krale hang af van die grootte van jou emmer)
  • dun draad
  • klein plastiekemmer
  • gomgeweer

Só maak jy ...

Keer sowat 100 ml Woodoc Water-Borne FLOOR Matt Clear in elk van die houers uit. Voeg ’n bietjie Woodoc Colours Green by twee van die houers, maar gooi effens meer kleur by een as by die ander. Meng goed.

2 Gebruik die draad en maak hakies wat klein genoeg is dat jy dit deur die krale kan ryg en die krale daarmee kan ophang om droog te word. 

3 Doop en kleur die krale soos volg in die onderskeie Woodoc-mengsels: een derde van die 20 mm-krale in die donkerder mengsel; ’n derde in die ligter mengsel; en die laaste derde, asook die 10 mm- en die 25 mm-krale, in die Woodoc Water-Borne FLOOR Matt Clear. Hang die krale op totdat hulle droog is.

4 Begin dan aan die onderkant van die emmer en heg die krale met warm gom. Ons het twee rye van die donkerder krale geplak, gevolg deur twee rye ligter krale en dan twee rye kleurlose krale. ’n Ry klein krale reg rondom die emmer se rand dien as afronding.

5 Keer die emmer om en plak die drie groot krale aan die bodem vas om “pootjies” te vorm; maak seker hulle is ewe ver van mekaar gespasieer.