Video Francois Oberholster

Wat jy nodig het

  • palet
  • Woodoc Colours in Inky Blue en Opal
  • Woodoc Water-Borne Deck
  • Woodoc Gel Stain in die kleur Ebony
  • kunstenaarskwaste
  • verfkwas
  • klouhamer
  • spyker
  • 4 x polipropileen-vullissakke
  • kramgeweer
  • potgrond
  • plante

So maak jy

1. Verwyder ’n paar planke van die palet se bokant. Palette verskil maar breed van mekaar: by ons s’n het ons het elke derde plank verwyder.

2. Kap die planke wat jy in stap 1 afgehaal het aan die agterkant van die palet vas met die spykers. Kap die planke in direk oorkant die planke wat jy aan die voorkant gelos het sodat dit ’n “houer” vorm.

3. Knip die vullissakke kleiner sodat in die “houer” pas en kram dit in plek. Dis die holte waarin jy die planke gaan sit.

4. Gebruik die Woodoc Gel Stain en verf halfsirkels op die voorste planke. Ons het ons patroon dikker aan die onderkant van die palet gemaak. Laat dit 4 uur staan om droog te word.

5. Giet sowat 100 ml elk Water-Borne Deck in twee bakkies; meng by een Colours Opal and en by die ander Inky Blue in. Kleur die halfsirkels wat jy in stap 4 gemaak het hiermee in. Laat dit sowat ’n uur staan om droog te word en verf dan die hele pallet met twee lae deursigtige Water-Borne Deck om dit te verseël.

6. Vul die holtes met potgrond en plant jou groenigheid. Ons het twee slagtershake gebruik om die vertikale tuin aan ’n Vibracrete-muur te hang.