
Wat jy nodig het:
Woodoc Water-Borne FLOOR Clear Matt
Woodoc Colours in die kleure Oak en Full Moon
Menghouers en mengstokkies
Verfkwaste
Hout-gordynringe
Glashouers wat in die ringe pas
Houtkrale
Gomgeweer
Tou
Glasvaas
1 Skink sowat 75 ml van die Woodoc Water-Borne FLOOR Clear Matt in die menghouers. Voeg van die Woodoc Colours by die onderskeie houers en meng goed.
2 Verf ’n derde van die gordynringe oraloor met elk van die kleure wat jy in stap 1 gemeng het; verf die laaste derde met die kleurlose Water-Borne FLOOR.
3 Herhaal stap 2 met die houtkrale.
4 Stapel nou die verskillende kleure ringe lukraak rondom die glashouers en plak hulle aan mekaar met die gomgeweer.
5 Ryg die krale op ’n stuk tou en heg dit aan ’n glasvaas.