Wat jy nodig het:
- Gelamineerde-dennehoutplank (sowat 1 m x 40 cm)
- hake
- alfabet-stensil
- nie-permanente aanspuitgom
- skroewedraaier
- Woodoc Water-Borne Clear Matt
- Woodoc Colours in Full Moon en Red
- houers om in te meng
- klein sponsroller en bak
- verfkwas
Só maak jy:
1 Meng die Woodoc Water-Borne Clear Matt met die Woodoc Colours Full Moon en wend twee lae aan die plank. Laat dit tussen lae droog word.
2 Meng ’n bietjie Woodoc Water-Borne Clear Matt met die Woodoc Colours Red.
3 Meet en merk op die plank waar jy die voorletters wil hê.
4 Spuit gom op die agterkant van die stensil en posisioneer dit waar jy die letter wil hê.
5 Gooi ’n bietjie van die rooi Water-Borne-mengsel in die verfbak en bring die eerste voorletter met die verfroller aan; herhaal met die ander voorletters.
6 Meet en merk waar die hake moet sit. Skroef dit op die regte plek vas en hang die “kapstok” by jou voordeur om alles netjies te hou.
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET