Het jy geweet?

Alcolin Rapid Set Clear Epoxy bind uiters stewig, word binne minute droog en wys geen gomlyne nie. Dit kan ook vir die volgende gebruik word:

• Die herstel van stukkende omhulsels by elektroniese toerusting.

• Dis ideaal om klein metaal-, hout- of glasdele wat nie geklamp kan word nie te lym.

• Die herstel van plastiekbeeldjies en kostuumjuwele.

PROJEKGIDS

Harde werk 1/10 

Vaardigheidsvlak 1/10

Tyd nodig 20 minute

WAT JY NODIG HET

• stukkende keramiek-artikel (ons het ’n beker reggemaak)

• skuurpapier

• asetoon

• Alcolin Rapid Set Clear Epoxy

1 Skuur eerstens die oppervlakke wat jy gaan plak liggies sodat die gom goed kan kleef. Maak dan die oppervlakke met asetoon skoon.

2 Meng die Alcolin Rapid Set Clear Epoxy volgens die aanwysings op die pakkie.

Smeer die epoksi aan albei oppervlakke en druk vas (stolling neem 1–10 minute en finale verharding 24 uur). Ons beker se oor was in twee stukke gebreek, so ons het dié eers aanmekaargeplak.

Wenk Verwyder enige oortollige epoksi dadelik met asetoon.

4 Herhaal stap 2 en 3 om die oor aan die beker vas te plak.

Besoek www.alcolin.com vir produkinligting of skakel die Sticky Questions-hulplyn tolvry by 0800 222 400 vir raad.