Wat jy nodig het

  • Alcolin PVC Weld
  • PVC-pyp
  • PVC-verbindingstukke

So maak jy

1. Sny die pyp in die verlangde lengtes. Skuur die rande liggies, vee dit af met ’n lap wat in verdunner gedoop is en toets of die pyp-, kraan- en/of verbindingstukke gemaklik pas.

2. Verf PVC Weld met die kwassie aan albei oppervlakke.

3. Druk die pypdele dadelik in mekaar en vee oortollige kleefmiddel af. Die kleefmiddel is binne 15 minute droog, maar wag 8–24 uur voor gebruik.