PROJEKGIDS

Harde werk 3/10

Vaardigheidsvlak 2/10

Tyd nodig Naweekprojek

Voor

Wat jy nodig het

INKOPIELYS

  • Alcolin Latex-key Cement Additive
  • 1 x Alcolin Epoxy Floor Paint kit
  • Alcolin Sugar Soap
  • Alcolin Floor Screed

GEREEDSKAP

  • hamer
  • beitel
  • skraper
  • troffel
  • spatkwas
  • verfklitser
  • bokhaarroller (225 mm breed)
  • 2 x 50 mm-kwaste
  • maskeerband

Só maak jy...

1 Berei die vloer voor Maak seker jou vloeroppervlak is in ’n goeie toestand. In dié huis moes ou vinielteëls eers in die badkamers verwyder word. Dis gedoen deur die teëls met ’n hamer en beitel te kap tot dit loskom en dit dan met ’n skraper van die vloer af te lig.

2 Nadat die vinielteëls verwyder is, was ’n afvlaklaag wat vanself gelyk lê nodig voor die verfwerk kon begin. Om seker te maak die afvlaklaag heg aan die ou sement, is Alcolin Latex-Key Cement Additive in ’n oorkruis-patroon aangewend met ’n spatkwas. Wag tot dit droog is en meng die afvlaklaag volgens die aanwysing op die verpakking. Wend dit met ’n troffel aan tot ’n gladde oppervlak. Wag minstens 12 uur tot droog. As jy onseker is, keer ’n glas op die vloer om en laat staan dit oornag op die nuwe afvlaklaag. As daar die volgende oggend kondensasie in die glas is, is die vloer nog nie heeltemal droog nie.

3 Die kleiteëls is nie met ’n afvlaklaag bedek nie, maar bloot met Alcolin Sugar Soap skoongemaak.

4 Nou kan jy verf! Meng die Alcolin Epoxy Floor Paint met ’n verfklitser volgens die aanwysings op die houer. Dit bestaan uit twee dele – die basiskleur en die aktiveerder.

5 Doen eers die insnywerk teen die rande van die vloer met ’n 50 mm-kwas en verf dan die res van die vloer met ’n bokhaarroller. Gee minstens 8 uur kans om droog te word.

LW Die droogtyd is langer by temperature onder 25 °C.

Het jy geweet?
  • Alcolin Epoxy Floor Paint kom in drie kleure: liggrys, beige en naaswit. Jy kan die naaswit vloerverf by jou naaste verfhandelaar in enige kleur van jou keuse laat tint voor jy die aktiveerder byvoeg.
  • Danksy die waterbasis kan kwaste en rollers met water skoongemaak word.
  • Alcolin se epoksiverf kan op nuwe beton aangewend word, anders as by epoksi met ’n oplosmiddelbasis, waar die beton vir minstens 28 dae moet uitdroog.

Besoek www.alcolin.com vir produkinligting of skakel die Sticky Questions-hulplyn tolvry by 0800 222 400 vir raad.