Wat jy nodig het

  • afvalplank en kunsgras
  • Alcolin Artificial Grass Adhesive
  • saag
  • matmes
  • gegroefde troffel

So maak jy

1. Teken die vorm van ’n boom op die plank en saag dit uit. Plaas dan die plank op die kunsgras se rugkant en sny dieselfde vorm uit die gras.

2. Smeer Alcolin Artificial Grass Adhesive net oor die plank (nie die gras ook nie) met ’n gegroefde troffel. (Gebruik ’n eetvurk as jy nie die regte troffel het nie.)

3. Plaas dan die kunsgras netjies op die klam kleefmiddel (moenie wag dat dit taai raak nie). Skroef ’n plankie aan die onderkant vas as voetstuk.

Besoek www.alcolin.com vir produkinligting of skakel die Sticky Questions-hulplyn tolvry by 0800 222 400 vir raad.