PROJEKGIDS

Harde werk 4/10

Vaardigheidsvlak 4/10

Tyd nodig 1 tot 2 uur

Wat jy nodig het

• Alcolin Professional Wood Glue

• Alcolin Woodfiller

• 32 x 220 mm-planke in die volgende lengtes: twee 468 mm (sye) een 500 mm (bokant) een 640 mm (skuins) een 320 mm (skuins)

• tekendriehoek

• potlood

• sirkelsaag

• ’n pakkie 6 mm x 50 mm-skroewe

• boor en 3 mm-boorpunt

• 220-grint-skuurpapier

So maak jy...

1 Saag albei ente van die lang (640 mm) skuins plank, asook een ent van die kort
(320 mm) skuins plank teen 45°. Plaas al die planke in posisie en merk waar jou gidsgate moet kom. Boor die gidsgate, en lym en skroef die twee skuins planke aan mekaar vas in ’n T-vorm.

2 Lym en skroef nou een van die 468 mm-sye haaks aan die 500 mm-bokant vas en heg dit dan aan bogenoemde T-konstruksie. 

3 Lym en skroef die oorblywende 468 mm-sy aan die ander kant vas. Vul al die skroefgate deeglik met Alcolin Woodfiller, laat dit goed droog word en skuur glad.

Besoek www.alcolin.com vir produkinligting of skakel die Sticky Questions-hulplyn tolvry by 0800 222 400 vir raad.