
Foto’s Ed O’Riley
INKOPIELYS
• Alcolin Contact Adhesive
• ’n stuk spons net so groot soos die bankie se blad
• watteersel
• materiaal van jou keuse (Sorg dat die watteersel en stoffeerlap minstens 25 cm langer en breër as die bankie se blad is.)
GEREEDSKAP
• gom-aanwender
• skêr
• kramskieter
Ons het die blad afgeskroef voor ons dit gestoffeer het.
1 Wend Alcolin Contact Adhesive oor die blad en oor een kant van die spons aan. Gee die twee oppervlakke sowat 5 minute kans om taai te word; plaas dan die spons op die blad en druk goed vas.
2 Sit die blad nou op die watteersel neer met die spons na onder. Vou die watteersel oor die blad en kram dit aan al vier sye vas. Sny enige oortollige watteersel af.
3 Herhaal stap 2 met die stoffeerlap, maar vou die rande om vir ’n soom. Kram eers teenoorstaande sye en trek die lap styf terwyl jy werk; begin in die middel van elke sy en werk na die hoeke toe. Wanneer jy klaar is met die sye, vou die hoeke netjies (soos wanneer jy ’n pakkie toedraai) en kram vas.
Laastens
Skroef die blad weer aan die bankie vas.