INKOPIELYS

• Alcolin Interior Crackfiller

GEREEDSKAP

• bikhamer

• beitel

• verfkwas

• troffel

• skuurpapier

1 Berei die kraak voor Gebruik die bikhamer en beitel om die kraak in ’n V-vorm oop te kap.

2 Sorg dat daar geen los stukkies oorbly nie deur enige pleister en verf rondom die kraak af te skraap. Verwyder enige oorblywende stof met ’n verfkwas.

3 Meng 3 dele Alcolin Interior Crackfiller met  1 deel skoon, koue water en meng tot ’n gladde, klontvrye pasta. Moenie meer pasta aanmaak as wat jy binne 30 minute kan gebruik nie. Smeer die pasta in die kraak met die troffel en vul die kraak tot gelyk met die muur rondom. Gee die kraakvuller drie uur kans om droog te word.

Wenk Vervang die water in die mengsel met verdunde Alcolin Permobond (meng 1 deel met 3 dele water) vir beter klewing, buigvastheid en waterbestandheid in veral moeilike omstandighede, asook vir breë voeë.

Ter afronding Wag tot die kraakvuller droog is en skuur glad met die skuurpapier. Verf oor die gevulde kraak en voila! 

Het jy geweet?

• Alcolin Interior Crackfiller raak binne drie uur droog en kan ook as ’n afvlakmiddel gebruik word om ongelyk muuroppervlakke glad  af te werk.

• Alcolin Exterior Crackfiller is ideaal om krake in buitemure weerbestand te maak.