Kies ’n ekovriendelike kleefmiddel met ’n waterbasis wanneer jy mat of viniel wil plak.
Wat jy nodig het
- Alcolin Hi-Tack Carpet & Vinyl Adhesive
- tandtroffel
- skerp mes
So maak jy
1. Maak seker dat die oppervlak wat jy wil plak deeglik skoon en droog is. Wend Alcolin Hi-Tack aan en versprei dit eweredig met ’n getande troffel. Laat staan dit ’n rukkie totdat die gom taai raak, maar nie heeltemal droog nie.
2. Plaas dan die viniel in posisie en vryf al die lugborrels uit.
3. Laat dit goed droog word en sny die oortollige viniel af met ’n skerp mes.
Ons wil graag hê jy moet langer kuier.
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET