Wat jy nodig het
- twee dennehoutstroke van 8 mm x 44 mm x 3 m
- liniaal
- 16 mm-spaanderbordskroewe
- skroewedraaier
- figuursaag
- Woodoc Water-Borne FLOOR Clear Matt
- Woodoc Colours in Full Moon
- verfkwas
- 6 hangende plantpotte
- plante
- grond
Só maak jy
1 Saag die houtstroke in die volgende lengtes, of vra jou houtverskaffer om dit vir jou te doen:
- twee 1 m-lengtes
- vier 700 mm-lengtes
- vier 300 mm-lengtes
2 Rangskik die stroke in ’n latwerk-patroon, met ’n diamantpatroon tussen die stroke. Gebruik die liniaal om seker te maak die stroke wat in dieselfde rigting loop, is parallel.
3 Skroef die stroke vas waar dit mekaar oorkruis. Gebruik twee skroewe aan die agterkant om te keer dat die latwerk inmekaarvou.
4 Gebruik die figuursaag om die stroke se rande netjies te maak.
5 Meng ’n bietjie van die Woodoc Colours Full Moon met sowat 100 ml Woodoc Water-Borne FLOOR Clear Matt. Gooi ’n bietjie kleurlose Woodoc Water-Borne FLOOR Matt in ’n aparte houer uit.
6 Gebruik die verfkwas om die helfte van die latwerk met die wit mengsel te verf; meng dit met die kleurlose Woodoc Water-Borne FLOOR Matt soos jy na die middel toe werk. Gebruik net die kleurlosemengsel aan die teenoorstaande kant om die ombree-effek te skep. Laat dit droog word en herhaal die proses.
7 Trek ’n paar van die skroewe ’n entjie uit vir plek om die potte op te hang. Hang die latwerk teen jou muur en hang die potte aan die skroewe.