Video Francois Oberholster

Wat jy nodig het

  • bedkassie
  • stensil (LAAI DIT HIER AF)
  • nutsmes
  • snymat
  • Prestik
  • Woodoc Water-Borne FLOOR
  • Woodoc Colours: Mulberry, Aqua Marine en Beaufort Grey
  • 3 houers om in te meng
  • stokke om mee te meng
  • maskeerband
  • verfkwaste

So maak jy ...

1. Laai die stensil af en druk dit uit; sny dit uit met die nutsmes. Jy gaan die negatiewe ruimte as jou patroon gebruik.

2. Posisioneer die patroon op die kasdeure met die Prestik en trek die druppel-vorm met ’n potlood af. Skuif dit af, draai dit om en trek die vorm weer af. Herhaal dié proses tot jy drie druppels op elke deur het.

3. Gooi sowat 150ml Woodoc Water-Borne FLOOR in elke houer. Gooi ’n klein bietjie van die drie Woodoc Colours by elke houer in en meng goed.

4. Verf die druppel-vorms met twee lae Woodoc Colours. Verf die twee boonstes met Aqua Marine, die twee middelstes met Mulberry en die twee onderstes met Beaufort Grey.

5. Plak die kassie se rugplank toe met die maskeerband en verf dit met twee lae Beaufort Grey. Haal die maskeerband af wanneer die tweede laag droog is. 

6. Verseël die hele kassie met twee lae deursigtige Woodoc Water-Borne FLOOR; laat die eerste laag droog word voor jy die tweede een aanwend.