Só gee jy jou buffet ’n prettige nuwe voorkoms

Vennootskapsveldtog Vennootskapsveldtog
Het jy oorskiet Woodoc Colours van ’n vorige projek? Gebruik dit om jou buffet ’n prettige nuwe voorkoms te gee.

Wat jy nodig het

• ’n buffet of kas

• skuurpapier

• Woodoc Water-Borne FLOOR Matt Clear

• Woodoc Colours: Pink, Blue, Green, Orange, Yellow

• houers om in te meng

• verfkwaste

• maskeervloeistof

• kunstenaarskwas

• maskeerband

• tou

• potlood

• groot, ronde voorwerpe om as patrone te gebruik

• winkelhaak

Só maak jy ...

1 Skuur die kas.

2 Maak die tou aan die potlood vas. Druk die punt van die tou met jou duim op die oppervlak van die buffet vas en gebruik dit as ’n gids om ’n sirkel met die potlood te trek. Gebruik die ander ronde voorwerpe om nog sirkels af te trek. Laat dit plek-plek oorvleuel.

3 Gebruik die kunstenaarskwas om die maskeervloeistof versigtig te verf op die buiterande van die sirkels wat jy in die vorige stap getrek het. Onthou, wanneer jy kom by ’n sirkel wat oorvleuel, moet jy eers die een verf en dan die ander; besluit watter een om eerste te verf en wend die vloeistof aan. Wend nog 2–3 lae aan en laat dit heeltemal droog word. Beskerm die kas se rande en enige laaie en deure met die maskeerband.

4 Meng elk van die Woodoc Colours met sowat 75 ml Woodoc Water-Borne FLOOR in aparte houers.

5 Verf elkeen van die sirkels in ’n ander kleur. Onthou om altyd saam met die houtgrein te verf. Laat dit droog word en trek die maskeervloeistof af.

Omlyn enige oorblywende sirkels met die maskeervloeistof, en plak driehoekige- en reghoekige vorms met die maskeerband. Gebruik die winkelhaak om seker te maak jou lyne is haaks.

7 Verf die vorms in verskeie kleure. Laat dit droog word en trek die maskeerband af.

8 Skuur liggies en verseël die hele kas met drie lae Woodoc Water-Borne FLOOR Clear. Laat dit tussen lae droog word, en skuur ook liggies tussen lae met fyn skuurpapier. Moenie ná die derde laag skuur nie.

Jongste uitgawe

Okt | Nov 2021

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees
Jongste uitgawe

WERF 2021

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir jou werf nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees