Video Francois Oberholster | Redigering Suné Esterhuizen

Wat jy nodig het 

  • Woodoc Gel Stain Ebony
  • Woodoc Water-Borne FLOOR Clear Matt
  • skuurpapier
  • sponskwas
  • verfkwas

So maak jy

1. Skuur die tafel om ontslae te raak van enige verf of verseëlaar.

2. Gebruik die sponskwas om die Gel Stain op die tafel se pote en buiterand aan te wend. Laat dit vir 4 uur staan voor jy ’n verseëlaar aanwend.

3. Wend 3 lae Water-Borne FLOOR Clear Matt op die hele tafel aan. Laat die eerste laag droog word, skuur liggies en wend die volgende laag aan. Moenie skuur nadat jy die laaste laag aangewend het nie.