Wat jy nodig het:

  • dennehout-dekstrook van 8 mm x 44 mm x 1,8 m
  • figuursaag
  • skuurpapier
  • Woodoc Water-Borne FLOOR Clear Matt
  • Woodoc Colours Ebony
  • vier flesse om in te meng
  • verfkwaste
  • lint
  • kramgeweer

Só maak jy ... 

Meet en merk sewe intervalle van 250 mm op die dekstrook, of laai ons patroon af (HIER) en trek dit af. As jy dit net meet, kan jy geronde hoeke teken.

Gebruik ’n figuursaag om die lengtes te saag wat jy in stap 1 afgemerk het. Skuur dan alle rande glad met die skuurpapier.

Gooi sowat 50 ml Woodoc Water-Borne FLOOR in elk van die vier flesse. Gooi nou die Woodoc Colours Ebony by elkeen in, maar gooi telkens minder by. Meng goed.

Verf nou een plank in elk in die vier kleure. Wend twee lae aan en laat dit tussen lae droog word. Wend dan twee lae Woodoc Water-Borne Clear aan die res van die plankies; laat dit tussen lae droog word.

Sit die stroke langs mekaar neer van donker tot lig met sowat 3 mm spasie tussenin. Heg dit aan mekaar vas met twee stukke lint en die kramgeweer.

LW Woodoc beveel aan jy altyd drie lae verseëlaar aanwend. As jy twee getinte lae aangewend het, wend ’n finale kleurlose laag aan.