Video Francois Oberholster

Wat jy nodig het

  • 22 x 22 mm-dennehoutlatte
  • Woodoc Water-Borne DECK
  • Woodoc Colours Mulberry
  • figuursaag
  • boor met 5 mm-houtboorpunt
  • 15m x 4mm-nylontou

So maak jy ...

1. Gebruik die figuursaag en saag die latte in die volgende lengtes:

  • twaalf 70 mm-lengtes
  • elf 305 mm-lengtes
  • vier-en-twintig 125 mm-lengtes
  • een 770 mm-lengte 

2. Boor gate in die latte volgens diagram 1.

3. Gooi ’n bietjie Woodoc Water-Borne Deck in twee houers; sowat 200 ml in elk. Gooi ’n bietjie Woodoc Colours Mulberry in elk: gooi by die een houer net ’n bietjie in en by die ander amper drie keer soveel. Meng goed.

4. Verf die 125 mm-lengtes oraloor met die ligter tint. Laat die eerste laag droog word en wend dan ’n tweede een aan. Verf die res van die latte met die donkerder tint; verf oraloor en laat die eerste laag droog word voor jy die tweede een aanwend.

5. Knip vyf lengtes tou van 3 m elk af.

6. Lê jou lengtes neer volgens diagram 2 en ryg die toue deur die gate. Maak ’n knoop aan die buitenste punt van die 770 mm-lengte.

7. Rangskik die lengtes in ’n halfsirkel en trek die tou styf deur dit deur die oorblywende gate van die 770 mm-lengte te ryg. Maak knope om dit in plek te hou.