Wat jy nodig het

  • spaanderbord (1 200 x 600 mm)
  • Alcolin Fast Set Wood Glue
  • 10 dennehout-randstroke (8 x 44 x 2 400 mm) in 200 mm-lengtes geknip
  • spykergeweer
  • Woodoc Water-Borne FLOOR
  • Woodoc Colours in Inky Blue, Clifton Grey en Oak
  • reghoek
  • staalliniaal
  • potlood
  • figuursaag

So maak jy ...

1. Gooi sowat 150 ml Woodoc Water-Borne FLOOR in drie verskillende houers. Meng met die drie verskillende soorte Woodoc Colours.

2. Verf ’n derde van die houtstroke met die Woodoc Colours. Wend twee lae aan.

3. Gebruik die reghoek om ’n rooster teen 45°op jou spaanderbord te teken. Jy hoef nie die hele bord te bedek nie; dis net om jou aan die gang te kry. Trek ook ’n lyn oor die breedte van die bord om ’n punt te kies waar die blokkies bymekaar gaan kom.

4. Pak die houtstroke uit in ’n visgraatpatroon sodra jy ’n rooster het om jou te lei. Rangskik die kleure lukraak.

5. Wanneer jy tevrede is met jou visgraatpatroon, gom en spyker elke houtblokkie in plek; begin in een hoek en werk dwarsoor die bord.

6. Draai die bord om en verwyder enige oorhangende stukke met die figuursaag.