Wat jy nodig het

  • 400 mm x 300 mm-laaghoutplank (18 mm dik)
  • growwe mat (400 mm x 300 mm)
  • 300 mm-gordynstok (30 mm dik)
  • 40 mm-PVC-pyp: 1 x 400 mm-lengte; 1 x 250 mm-lengte; 1 x elmboog
  • growwe tou
  • Alcolin Contact Adhesive
  • Alcolin PVC Weld
  • Alcolin Fix-All
  • twee 6 mm x 40 mm-skroewe
  • twee 8 mm x 16 mm-skroewe
  • skroewedraaier

So maak jy

1. Smeer Alcolin Contact Adhesive aan die plank en mat, wag tot dit droog voel en plak die mat op die plank vas.

2. Boor gidsgaatjies en skroef die gordynstok van onder af met die 6 mm x 40 mm-skroewe op die plank vas.

3. Heg die pypdele, met die elmboog tussenin, met Alcolin PVC Weld. 4 Skuif die pyp oor die gordynstok en skroef dit met die 8 mm x 16 mm-skroewe daaraan vas. 5 Smeer Alcolin Fix-All aan die regop PVC-pyp en draai die growwe tou styf om die pyp. Plak die tou-ente vas met maskeerband totdat die Fix-All goed droog is. Boor ’n gaatjie in die punt van die kort pyp om ’n speelding aan te hang.